Die tegnologie-adviesgroep bestaande uit Proff. Wynand Coetzer, Pieter Fourie en Piet Steyn, tree in 'n raadgewende hoedanigheid op vir moontlike uitvinders, beleggers en navorsers.
Ontmoet die span
 |
Prof. Wynand Coetzer
Wynand, 'n elektroniese ingenieur, begryp beginnerondernemings baie goed. Nadat hy die boek, Engineering Entrepreneurship, geskryf het, het hy weer by die Universiteit betrokke geraak en doseer nou entrepreneurskapkursusse. Hy is ook die besigheidsmentor vir 'n paar klein tot mediumgrootte ondernemings, wat aan hom die geleentheid bied om daad by die word te voeg.
Wynand dien op die tegnologie-adviesgroep en ook op InnovUS se direksie.
|
 |
Prof. Pieter Fourie
Nadat Pieter 'n graad in elektriese ingenieurswese behaal het en betrokke was by die rekenaarondersteunde ontwerp van Gunn–ossilleerders, het Pieter 'n graad in medisyne behaal gevolg deur 'n PhD in mediese fisiologie. Hy het hom toe bekwaam as 'n spesialis in pediatriese medisyne en is aangestel as professor in mediese fisiologie. Hy was direkteur van die buro van bioingenieurswese (Universiteit Stellenbosch) en die direkteur van Harwill Medical en Mushroom Biomedical Systems.
Prof. Fourie is van Augustus vanjaar aangestel as buitengewone medeprofessor in Anestesiologie en Kritieke Sorg by Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Gesondheidswetenskappe.
|
 |
Prof. Piet Steyn
Piet, 'n bio-organiese chemikus, het uitgebreide ondervinding van navorsingsbestuur. Hy was onder meer die stigtingsdirekteur van die WNNR se Divisie Voedselwetenskap en Tegnologie (die huidige CSIR Biosciences), hoof van die Departement Chemie aan die Universiteit van Potchefstroom en tot onlangs Senior Direkteur: Navorsing aan Universiteit Stellenbosch. Piet het ook die internasionale wetenskapsgemeenskap as president van IUPAC (International Union of Pure and Applied Chemistry), as president van die International Association of Cereal Science and Technology (Weenen, Oostenryk), en as lid van ICSU-komitees (International Council for Science) in Parys, Frankryk gedien. Sy bydraes tot die wetenskap is onlangs erken met die NSTF (Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum)) se 2008-toekenning in kategorie A vir An outstanding contribution to Science, Engineering and Innovation over a lifetime, asook met sy verkiesing as Fellow of the Academy of Science of the Developing World (Trieste, Italië), en met sy benoeming in 2009 as erelid van die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut (SACI).
|