Ons span vaste en deeltydse personeellede verseker dat die daaglikse funksionering van InnovUS vaartbelyn is, en help uitvinders en beleggers met alle navrae en prosesse ten opsigte van ons dienste.
| Vaste personeel | |
![]() |
Anita Nel Hoof uitvoerende beampte Anita was voorheen 'n beleggingsbestuurder by 'n waagkapitaalmaatskappy en dien op die direksie van verskeie jong tegnologiemaatskappye op verskillende gebiede. Sy het haar loopbaan as 'n wiskundeonderwyser begin, daarna 'n maatskaplik verantwoordelike beleggingsfonds en 'n klein navorsingsmaatskappy bestuur. Anita, met haar wye ervaring in menslike hulpbronne, bemarking, strategie en bestuur, is goed toegerus om entrepreneurskap en die baie uitdagings wat beginnermaatskappye in die gesig staar, te begryp. Om gewigloosheid te ervaar gedurende 'n paraboliese vlug in 'n llyushin 11-76-straler buite Moskou (nadat sy die lansering van 'n Soyuz-ruimtetuig by Baikonur in Khazakstan dopgehou het) is een van die buitengewoonste ervarings van haar lewe tot dusver. As sy nie by die werk is nie, is sy versot op haar twee dogters en hou daarvan om saam met haar gesin na interessante plekke te reis. |
![]() |
Doris Peters Intellektuele eiendom- en finansiële assistent Doris het in 2000 by InnovUS aangesluit en administreer die Universiteit se portefeulje vir handelsmerke en intellektuele eiendom. |
![]() |
Carol Kat Senior outeursreg- en kortkursusbeampte Carol werk sedert Maart 2003 by die Universiteit Stellenbosch nadat sy voorheen die outeursregbeampte vir 'n uitgewer en verskaffer van kursusmateriaal in die Naspers Groep was. Sy het by US begin werk as outeursregbeampte vir hul publikasies en is in 2004 na InnovUS oorgeplaas. |
![]() |
Venessa Williams Administratiewe beampte en PA vir HUB Venessa het in September 2008 by die InnovUS-span aangesluit. Sy is verantwoordelik vir kantoorbestuur en is die direkteur se persoonlike assistent. Ook hou sy InnovUS se databasisse van navorsers, bedryfsvennote en finansiers in stand. Sy kwalifiseer tans as 'n gesertifiseerde professionele sekretaris (CPS). Venessa geniet dit baie om in die stimulerende omgewing by InnovUS te werk. In haar vryetyd hardloop sy padwedrenne saam met haar man.
|
![]() |
Saberi Marais
Besigheidsontwikkelaar
Saberi het Bestuursbevordering (Management Advancement) by WITS se Sakeskool bestudeer en is dus goed onderleg in besigheidsteorie in alle besigheidsdissiplines. Hy het sy loopbaan as 'n navorsingswetenskaplike by 'n Britse biotegnologiemaatskappy begin en daarna was hy tegnologieoordragbestuurder by die Mediese Navorsingsraad se innovasiesentrum. Daar het hy kwessies oor projekte se vryheid in bedryf geëvalueer, intellektuele eiendom beskerm, lisensiëringsgeleenthede geïdentifiseer en besigheidsgevalle vir tegnologieë ontwikkel. Saberi sal by InnovUS die openbaarmaking van nuwe uitvindings identifiseer en as kontakpersoon vir Stellenbosch se navorsers optree. Hy word gemotiveer deur die moontlike geleenthede om waarde te ontgin uit die Universiteit Stellenbosch se navorsers, hul idees en hul uitvindings.
Saberi het 'n MSc (Molekulêre en Sel Biologie) by die Universiteit Kaapstad verwerf en het verskeie kursusse in handelsreg by Unisa en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Intellektuele Eiendomsreg voltooi.
Sy vrou Nailah en babaseuntjie Zaahid is sy hart se punt en hy geniet dit om saam met hulle tyd in die buitelug deur te bring. Hy geniet skopboks en staptogte en gaan binnekort begin skilder.
|
| Deeltydse personeel | |
![]() |
Philip Marais Deeltydse besigheidsontwikkelaar Philip, as 'n geakkrediteerde internasionale fasiliteerder van mentors en sake-opleiers, beskik oor 'n unieke tegniese en sakeagtergrond. Sy loopbaan het met die ontwikkeling van sagteware begin en daarna was hy een van die stigterslede van HBD Venture Capital. Terwyl hy by HBD was, het hy ook Upstarts Business Incubator gestig en bestuur en was hy verantwoordelik vir die mentor en opleiding van deelnemers aan die program. Sy passie vir mentor en opleiding het daartoe aanleiding gegee dat hy sy eie konsultasiemaatskappy begin het en dat hy steeds kleinsake ondersteun om langtermyn volhoubare sukses te behaal. Hy is aktief by die transformasie van Suid-Afrikaans ondernemings betrokke deur middel van ontwikkelingsinisiatiewe vir ondernemings. Philip het 'n MSc (Ingenieurswese) aan UK verwerf. Sy vrou Nikki en kinders Joshua, Jemma en Noah is diep in sy hart gekruip en hy bestee graag tyd saam met hulle. Hy geniet ook buitemuurse aktiwiteite soos veral bergfietsry. |
![]() |
Sol Bezuidenhout Deeltydse besigheidsontwikkelaar Sol is die beleggingsbestuurder by Hasso Plattner Ventures Africa en bring waardevolle ervaring op die gebied van risikokapitaalbedryf na Innovus waar hy op 'n deeltydse grondslag werk. Hy het 'n MA in chemiese ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en ook 'n diploma in uitvoerende bestuur by die SU Nagraadse Besigheidskool. As hy nie by een van sy twee werke betrokke is nie, geniet hy dit om te lees, perd te ry, te stap en tyd saam met sy dogter deur te bring. |
![]() |
Llewellyn du Toit Kandidaat-prokureur, Patentafdeling Llewellyn is ‘n gekwalifiseerde apteker met ‘n regsgraad en studeer tans vir die Patent-eksamenraad se eksamen om as ‘n patentprokureur te kwalifiseeer. Hy stel veral belang in patente in die farmaseutiese en mediese veld. Onderrig |
| |
JD Labuschagne JD het aan die begin van 2012 as entrepreneur-intern by InnovUS aangesluit. JD was aanvanklik een van ons 100-uur-interns en wou aanbly na afloop daarvan. As jong entrepreneur het hy al talle klein ondernemings aangepak en beoog om nog ‘n onderneming in die nabye toekoms te begin. JD het BCom(beleggingsbestuur) by Universiteit Stellenbosch behaal en is tans besig met ‘n CFA kwalifikasie in portefeuljebestuur. Met ‘n diverse belangstelling in die natuur en buitelewe wissel hy dit af met koorsang, draf en die kook van ‘n lekker Durban-kerrie. |
Kliek hier om met 'n lid van die InnovUS-span in aanraking te kom.








